Koop. Verkoop. Bespaar.

Spaar tot 70% op jou handboeke.

Kwaliteit tweedehandse boeke van studente, vir studente.

Kennisgewing

Spaar Tot 70%

Kwaliteit handboeke teen 'n fraksie van die kleinhandelprys

Kwaliteit Gewaarborg

Elke boek ondergaan ’n eerlike waardasieproses

Verkoop & Verdien

Omskep ou handboeke onmiddellik in kontant

Vind jou volgende handboek
📚

Laai boeke...

Handboeke, notas en 'n skootrekenaar op 'n tafel
Verkoop

Verkoop Jou Ou Boeke

Kry 'n billike prys vir jou handboeke. Ons koop direk van studente af vinnig, maklik en sonder moeite.

Die Boekemark op 'n skootrekenaar met boeke langs
Studiemaat

Ontmoet jou volgende studiemaat-Frikkie.

Frikkie is Die Boekemark se interne KI-studiemaat, ontwerp om jou te help om slimmer en meer effektief te leer. Laai jou studiemateriaal op en laat Frikkie dit omskep in flitskaarte, verduidelikings, oefentoetse en opsommings, alles gebaseer op jou eie studiemateriaal

Mandjie

Jou mandjie.

Laai...

Opsomming
Totaal: R0.00

Jou besonderhede

Jou boeke word vir 30 minute vir jou gehou sodra jy voortgaan.

Verkoop

Verkoop jou boeke.

Ons stuur 'n aanbod binne 2 werksdae. Ons betaal net per EFT, sodra ons die boeke ontvang het.

Hoe dit werk
  1. 01Stuur vir ons die boeke wat jy wil verkoop.
  2. 02As ons jou boeke kan gebruik, kom ons binne 2 werksdae met 'n aanbod terug.
  3. 03Aanvaar jy die aanbod, vul jy jou bankbesonderhede in en kies 'n plek en tyd wat jou pas.
  4. 04Ons betaal per EFT sodra ons die boeke ontvang het.

Jy gee die boeke persoonlik aan ons op kampus. Die plek en tyd kies jy nadat jy ons aanbod aanvaar het, nie nou nie.

Jou besonderhede

Ons vra nie bankbesonderhede nie voor jy 'n aanbod aanvaar het.
Wat ons soek Ons soek veral handboeke vir BCom Ondernemingsbestuur, Regte (LLB) en Rekeningkunde Voorgeskrewe handboeke wat steeds in gebruik is Boeke met 'n heel omslag en leesbare bladsye Enige toestand van Soos nuut tot Swak. Ons prys daarvolgens
Wat ons nie vat nie Werkboeke wat al ingevul is Boeke met los of ontbrekende bladsye Uitgawes wat nie meer voorgeskryf word nie

Veelgestelde vrae (FAQ's)

Wat as ek nie van die aanbod hou nie?

Dan weier jy. Daar is geen verpligting en geen koste nie. Ons waardasie proses is streng om gehalte en relevansie vir ons studente te verseker.

Hoe lank neem dit?

Ons stuur 'n aanbod binne 2 werksdae. Ons betaal per EFT sodra ons die boeke ontvang het.

Hoeveel boeke kan ek op een slag verkoop?

Soveel as jy wil. Voeg net 'n ry by vir elke boek.

Wat gebeur met boeke wat julle nie vat nie?

Ons sê vir jou watter boeke ons vat voor jy iets aflaai, sodat jy nie onnodig ry nie.

📖

Huur 'n Boek

Teen 15% van die boekwaarde per week.

Boeke word teen 15% van die boek se waarde per week verhuur. Die volle boekwaarde word as deposito betaal en volledig terugbetaal wanneer die boek terugbesorg word.

Jou Besonderhede

Boek Besonderhede

Huurbesonderhede

Soek jy 'n tutor?

Of vaar jy goed in jou vakke en wil jy 'n bietjie ekstra geld verdien?

Vind hier goedgekeurde tutors wat jou kan help, of doen aansoek om self 'n tutor te word.

100% gratis.

⏳

Laai tutors...

Elke tutor stel sy eie tarief. Betaling en tye reël jy direk met die tutor.

Die Boekemark adverteer slegs tutors en is nie 'n party tot enige ooreenkoms tussen tutor en student nie.

Kontak

Kontak ons.

Stuur ons 'n boodskap en ons kom terug na jou toe.

Resensies

Wat studente sê

Laai resensies...

⏳

Laai resensies...

📗

Ons Aanbod

Laai jou aanbod...

Studiemaat

Het jy 'n studievraag?

Hoe werk dit? Laai jou studiemateriaal op en vra vir Frikkie om dit vir jou in flitskaarte, opsommings of 'n vasvra te omskep. Verstaan jy iets nie? Frikkie kan ook moeilike konsepte eenvoudig aan jou verduidelik en jou help om die werk beter te verstaan.

Gratis, met 'n daaglikse limiet op vrae.

📄 Sleep 'n PDF-, Word- of tekslêer hierheen, of klik om te blaai
Ondersteun .pdf, .docx en .txt
OF PLAK TEKS
Die KI dink hard... dit vat so 10–20 sekondes.
Vrywaring: Die KI-Studiemaat is slegs 'n hulpmiddel en kan foute maak of onvolledige inligting gee. Dit vervang nie jou voorgeskrewe studiemateriaal, klasnotas of lesings nie. Jy gebruik hierdie hulpmiddel vrywillig en op jou eie risiko. Die Boekemark aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige akademiese uitslae, toets- of eksamenuitslae, punte, of enige ander verlies of gevolge wat uit die gebruik van hierdie hulpmiddel voortvloei nie. Gaan asseblief altyd belangrike feite na teen jou amptelike studiemateriaal.
📜

Bepalings en Voorwaardes

Laaste opgedateer: 28 Julie 2026

Welkom by Die Boekemark. Deur hierdie webtuiste te besoek of enige bestelling te plaas, stem u in tot die onderstaande bepalings en voorwaardes.

1. Onafhanklike Entiteit

Die Boekemark is 'n onafhanklike onderneming en het geen affiliasie, vennootskap of amptelike verbintenis met enige universiteit, kollege, akademie of ander tersiêre instelling nie. Alle produkte en dienste word uitsluitlik deur Die Boekemark gelewer.

2. Waardasie van Boeke

Alle boeke wat aan Die Boekemark verkoop word, word deur 'n deeglike en eerlike waardasieproses beoordeel. Die waardasie word bepaal volgens verskeie faktore, insluitend maar nie beperk nie tot:

  • Die algemene toestand van die boek;
  • Die vraag na die boek;
  • Die ouderdom en uitgawe;
  • Die huidige markwaarde;
  • Die beskikbaarheid van die boek.

Die Boekemark behou die reg voor om enige aankoopaanbod na eie diskresie te maak of te weier.

3. Toestand van Boeke

Omdat alle boeke tweedehands is, kan hulle tekens van normale gebruik toon. Elke boek word individueel gegradeer en die toestand daarvan word op die produkblad aangedui.

Dit bly die kliënt se verantwoordelikheid om die toestand van die boek na te gaan voordat 'n bestelling geplaas word. Die Boekemark kan nie aanspreeklik gehou word vir normale gebruiksmerke wat reeds in die produkbeskrywing of toestandgradering aangedui is nie.

4. Beskikbaarheid

Alle produkte is onderhewig aan beskikbaarheid. Indien 'n boek reeds verkoop is of nie meer beskikbaar is nie, behou Die Boekemark die reg voor om die bestelling te kanselleer. Indien betaling reeds ontvang is, sal die kliënt volledig terugbetaal word.

5. Betaling

Bestellings word slegs verwerk nadat volle betaling ontvang en bevestig is. Die Boekemark behou die reg voor om enige bestelling te kanselleer indien betaling nie binne die voorgeskrewe tydperk ontvang word nie.

6. Versending en Aflewering

Koerierkoste is vir die kliënt se rekening, tensy anders aangedui. Bestellings wat meer as 50 km vanaf ons afleweringspunt gelewer moet word, kan addisionele koerierkoste meebring.

Hoewel Die Boekemark daarna streef om alle bestellings betyds te versend, kan afleweringstye wissel as gevolg van omstandighede buite ons beheer.

Die Boekemark sal redelike stappe doen om te verseker dat alle bestellings veilig verpak en versend word. Indien 'n bestelling beskadig of verlore raak tydens aflewering, sal elke geval individueel ondersoek en hanteer word in ooreenstemming met toepaslike Suid-Afrikaanse wetgewing.

7. Terugbetalings en Retourbeleid

Aangesien Die Boekemark hoofsaaklik tweedehandse boeke verkoop, word geen terugbetalings of omruilings toegestaan bloot omdat die kliënt van mening verander het nie.

Indien 'n verkeerde boek gelewer is of die produk wesenlik verskil van die beskrywing op die webtuiste, moet Die Boekemark binne 48 uur na ontvangs skriftelik in kennis gestel word. Elke geval sal individueel geëvalueer word.

8. Kliëntverantwoordelikheid

Die kliënt is verantwoordelik om:

  • Korrekte kontakbesonderhede te verskaf;
  • 'n Korrekte afleweringsadres te verskaf;
  • Die produkbeskrywing deeglik te lees;
  • Die toestand van die boek te kontroleer voordat die bestelling geplaas word.

9. Privaatheid

Die Boekemark respekteer die privaatheid van alle kliënte. Persoonlike inligting word uitsluitlik gebruik om bestellings te verwerk, kliënte te kontak en dienslewering te verbeter.

Persoonlike inligting sal nie sonder toestemming aan derde partye verkoop of versprei word nie, behalwe waar dit nodig is om 'n bestelling af te handel of waar die wet dit vereis.

10. POPIA

Die Boekemark verwerk persoonlike inligting in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (POPIA). Deur van hierdie webtuiste gebruik te maak, stem die kliënt in tot die verwerking van persoonlike inligting vir die doeleindes van bestellings, betalings, aflewering en kliëntediens.

11. Beperking van Aanspreeklikheid

Die Boekemark sal nie aanspreeklik wees vir enige indirekte, toevallige of gevolglike skade of verlies wat voortspruit uit die gebruik van hierdie webtuiste, die aankoop van produkte of vertragings in aflewering nie, behalwe waar sodanige aanspreeklikheid ingevolge toepaslike Suid-Afrikaanse wetgewing nie uitgesluit kan word nie.

Ons maksimum aanspreeklikheid sal beperk wees tot die bedrag wat die kliënt vir die betrokke bestelling betaal het.

12. Intellektuele Eiendom

Alle inhoud op hierdie webtuiste, insluitend teks, foto's, logo's, grafika, handelsmerke en ontwerp, is die eiendom van Die Boekemark en mag nie sonder vooraf skriftelike toestemming gekopieer, versprei, gepubliseer of op enige wyse gebruik word nie.

13. Wysiging van Voorwaardes

Die Boekemark behou die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes enige tyd te wysig. Die mees onlangse weergawe sal altyd op die webtuiste beskikbaar wees, en dit bly die gebruiker se verantwoordelikheid om dit gereeld na te gaan.

14. Kontak

Vir enige navrae rakende hierdie bepalings en voorwaardes of enige van ons dienste, kontak ons gerus deur die besonderhede op die "Kontak Ons"-blad van die webtuiste te gebruik.